to my grandfater

by natasha
(pretoria)

Prof Benjamin Engelbrecht is op 18 Oktober 2012 in sy huis op die plaas
Bokkop in die distrik van Zeerust oorlede.

Prof Ben Engelbrecht is op 25 Junie 1928 te Bethlehem in die
Oos-Vrystaat gebore. Hy studieer aan die Universiteit van Pretoria
(1944-1950) waar hy die grade BA en BD behaal. Daarna verwerf hy ‘n
doktorsgraad in die studieveld van die liturgiek aan die
Rijksuniversiteit van Utrecht (1954). Hy dien as predikant in die NG
Kerk (1954-1965) waarna hy werksaam is saam met Beyers Naudé in die
Christelike lnstituut as studiesekretaris en redakteur van die blad Pro
Veritate (1965 — 1970). In 1970 aanvaar hy ‘n aanstelling aan die
Universiteit van die Witwatersrand as senior Iektor in die Department of
Religious Studies. Hy word daar bevorder tot mede-professor en later tot
ad hominem professor en ook hoof van die departement. Na ‘n dienstyd
van 24 jaar aanvaar hy sy emeritaat in 1993. Die universiteit vereer hom
met die titel professor emeritus.
Gedurende die jare van sy predikantskap keer hy in die akademiese jaar
1961-1962 na die universiteit van Utrecht met studieverlof terug.
Gedurende hierdie tyd skryf hy onder leiding van wyle prof AA van Ruler
‘n dissertasie oar Agtergronde en Grondlyne van die teokratiese
visioen — ‘n inleiding tot die teokratiese Teologie van AA van Ruler.
Daarvoor word die graad DD deur die Universiteit van Suid-Afrika aan
horn toegeken. Sedertdien het hy vier boeke en talle artikels in
plaaslike en oorsese teologiese tydskrifte gepubliseer.
Sy publikasies handel hoofsaaklik oor politieke vraagstukke binne die
konteks van ‘n Christelik-gestempelde kultuur, asook die implikasies van
‘n ‘vol-ontwikkelde trinitariese teologie” (Van Ruler) vir die visioen
van ‘n politiek-kulturele inrigting van die samelewing in die lig van
die Godsopenbaring.
Die laaste boek van Prof Engelbrecht is in 2012 gepubliseer. Dit is
getiteld: “Die Satan in opstand teen God: Mite of geskiedenis”. Dit is
ondubbelsinnig gerig teen die vrysinnige teologie wat daarop uit is om
die Bybel as Woord van God kragteloos te maak. Dit is by die lees van die
boek duidelik dat hy tot die bitter einde ‘n teoloog van format was, wat
die Bybel as sy rigsnoer behou het, sonder om hom deur wisselende
politieke en teologiese modegiere van styk te laat bring. Die
teikengroep van die boek is die denkende publiek, maar dit getuig
nietemin van sy intellektueel-filosofiese benadering en sou as
studiemateriaal byval kon vind by voorgraadse, sowel as nagraadse
teologie- en filosofiestudente.

Prof Engelbrecht is op 18 Oktober 2012 in sy huis op die plaas Bokkop in die distrik van Zeerust oorlede.

Click here to post comments

Join in and write your own page! It's easy to do. How? Simply click here to return to loss of grandparent.

Enjoy this page? Please pay it forward. Here's how...

Would you prefer to share this page with others by linking to it?

  1. Click on the HTML link code below.
  2. Copy and paste it, adding a note of your own, into your blog, a Web page, forums, a blog comment, your Facebook account, or anywhere that someone would find this page valuable.